RESEP: Lemmetjieskil Poeier
Vars
lemmetjies en lemmetjiesap neem nie gyselaars of kompromieë nie. Dis
skiet-skop-en-donner al die pad in die beste SANDF styl tydens die COVID-19
grendel periode. Maar gedroogde lemmetjieskilpoeier … Nou daar is ‘n kietsie
van ‘n heel ander kaliber en oortuiging.
Gedroogde
lemmetjieskilpoeier, net soos kerslig, het die vermoë om knus te kom lê om die
hande wat dit ken, respekteer en liefhet. Sprinkel so bietjie (saam met ‘n
skeutjie gedroogde marjolein) oor die gesnyde tamaties van jou volgende kaas,
tamatie en uie toebie en ervaar hoe dit daai doodse, vlaktes-duskant-Hebron
verveligheid wegbrand en jou weer opnuut waardering gee vir hierdie saamie se
effe holrug geryde eenvoud en eerlikheid. En gebruik papierdun gesnyde rooi uie
terwyl jy nou reeds die moeite doen? Algaar sal groot waardering en dank
betoon. En die wat nie verstaan wat jy vir hulle doen nie, verban jy vir alle
ewigheid vanaf jou drumpel uit die buitenste duisternis in.
Strooi
‘n milde skoot oor jou volgende bak oondgeroosterde botterskorsies net soos dit
uit die oond kom. Teug met glinsterende oë die helde vereering aan tafel in
soos soet vonkelwyn.
Wat
lemmetjieskilpoeier aan avokadopuree op liggies geroosterde snye bruinbrood
doen kan nie hier op ‘n openbare forum bespreek word nie. Die tannies sal
pragtig bloos en die bejaarde ooms sal met erge heimwee die bottel sjerrie driftig
nader sleep. Meng ‘n effense knikkie balsamieke asyn by en die Publikasie Raad
gryp sweterig en hygend na hul skêre.
Die
skakel gaan u neem na die artikel op my 'internasionale' blog: 5Flavours.
Ongelukkig neem dit net te veel tyd in beslag om die resepte in beide Afrikaans
en Engels voor te berei. Maksimum blootstelling vereis ewe ongelukkig dat
Engels voortaan die voertaal van my resepte gaan wees. Ek vertrou dat u sal
verstaan en bedank u by voorbaat vir u begrip.