Showing posts with label Ontbyt. Show all posts
Showing posts with label Ontbyt. Show all posts

Thursday 12 March 2020

2 Kaas Kerrie Omelet

RESEP : 2 Kaas Kerrie Omelet

Die manlike hart is mos maar 'n snaakse en agterstevoorom ding. As jy nog boonop soos myself in jou voorjare jou trappe misgetrap en jou vatte misgevat het, kan die hart soms op geen kennisgewing begin hunker en hyg na daai Enetjie wat jy destyds deur jou vingers laat glip het.

En dan is alles in jou binnelewe onderstebo, en as jy jou oë uitvee, is jou buitelewe ook agterstevoor en halsstarrig omgekrap. Kort voor lank sit jy platsak in die Dal van Moedverloor, en daai ene is nooit 'n aanwins nie.

Dis dan hier waar mens jouself bymekaarskraap voor jy die laagte oppad Dal toe aandurf en jouself bietjie vertroetel met 2 Kaas Kerrie omelet. Die voorbereiding is eenvoudig en die eet nog makliker, maar die wins vir die siel is groot want die hande slaan hierdie ding op hul eie aanmekaar. Die kop hoef nie toesig te hou nie en kan die vêr agterpaaie loop terwyl die hande rasper, klop, smeer en bak en agterna opwas.

Terwyl die kop draaie loop, kan die hart bedaar. En as die lewe jou ook al 'n paar keer hard laat val het, is die koesterende eenvoud van kaas, eier en goed gebotterde roosterbrood op jou bord en in jou hart soms net die ding om 'n slag weer perspektief en die paadjie vorentoe te vind.

So terloops: die pragtige en eg Afrikaanse word vir omelet is eierstruif. Mooi, nè?

Die skakel gaan u neem na die artikel op my 'internasionale' blog: 5Flavours. Ongelukkig neem dit net te veel tyd in beslag om die resepte in beide Afrikaans en Engels voor te berei. Maksimum blootstelling vereis ewe ongelukkig dat Engels die voertaal van my resepte gaan wees. Ek vertrou dat u sal verstaan en bedank u by voorbaat vir u begrip.

Tuesday 11 June 2019

Hawermout, Dadel en Lemoen Ontbytpap

Die winter is hier. Byt terug instede van op jou tande kners!

Hawermout, dadel en ingelegde lemoen ontbyt pap is ‘n gesofistikeerde, vinnige ontbyt met ‘n hoë energie en vesel inhoud. Die gedroogde vrugte stel hul energie oor ‘n verlengde periode vry wat help om bloedsuiker vlakke relatief stabiel en egalig te hou – wat natuurlik help om daai genadelose soettand teen teetyd nog rustig en bedaard te hou. En die vesel hou dikderm gelukkig, wat almal later gelukkig hou. Lees meer hier ... 

Die skakel gaan u neem na die artikel op my 'internasionale' blog: 5Flavours. Ongelukkig neem dit net te veel tyd in beslag om die resepte in beide Afrikaans en Engels voor te berei. Maksimum blootstelling vereis ewe ongelukkig dat Engels voortaan die voertaal van my resepte gaan wees. Ek vertrou dat u sal verstaan en bedank u by voorbaat vir u begrip.

Friday 12 April 2019

Neuterige Hawermout, Rosyne en Sonneblomsaad Ontbyt Pap

RESEP : Neuterige Hawermout, Rosyne en Sonneblomsaad Ontbyt Pap

Pamperlang jou siel wanneer Maandag (of enige ander dag) swaar op jou gemoed lê en alles binne jou rebelleer teen die idee van opstaan.

Die skakel gaan u neem na die artikel op my 'internasionale' blog: 5Flavours. Ongelukkig neem dit net te veel tyd in beslag om die resepte in beide Afrikaans en Engels voor te berei. Maksimum blootstelling vereis ewe ongelukkig dat Engels voortaan die voertaal van my resepte gaan wees.

Saturday 2 February 2019

Maltabella Pap met Verglansde Lemoenskil en Pruimedante

RESEP : Maltabella Pap met Verglansde Lemoenskil en Pruimedante

Ma sou waarskynlik destyds nie geval het vir hierdie ene op ‘n besige weeksoggend met ontbyt vir vier jong kinders en ‘n haastige eggenoot heel eerste op haar Agenda nie. Maar nou is ek blykbaar groot en het ek die tyd om Maltabella pap na sy volle reg uit te laat leef.

Die skakel gaan u neem na die artikel op my 'internasionale' blog: 5Flavours. Ongelukkig neem dit net te veel tyd in beslag om die resepte in beide Afrikaans en Engels voor te berei. Maksimum blootstelling vereis ewe ongelukkig dat Engels voortaan die voertaal van my resepte gaan wees.

Monday 29 January 2018

Kerrie Lam’s Niertjies Met Ertjies En Vars Mango

Oupa sou net sy kop geskud het en Oumakie sou daai vêraf uitdrukking in die oë gekry het en stil haar bord terug gestoot het. Almal kan maar ontspan, hierdie niertjies is nie naastenby so wyd uit die boks soos dit met eerste oog op slag voorkom nie. Probeer hulle en ontdek ietsie anders en heel parmantig.

Die skakel gaan u neem na die artikel op my 'internasionale' blog: 5Flavours. Ongelukkig neem dit net te veel tyd in beslag om die resepte in beide Afrikaans en Engels voor te berei. Maksimum blootstelling vereis ewe ongelukkig dat Engels voortaan die voertaal van my resepte gaan wees.

Tuesday 5 September 2017

Lemmetjie & Gemmer Lams Niertjies

RESEP : Lemmetjie & Gemmer Lams Niertjies

En toe raak onse besadigde lams niertjies heel oorlams.

Die skakel gaan u neem na die artikel op my 'internasionale' blog: 5Flavours. Ongelukkig neem dit net te veel tyd in beslag om die resepte in beide Afrikaans en Engels voor te berei. Maksimum blootstelling vereis ewe ongelukkig dat Engels voortaan die voertaal van my resepte gaan wees.

Saturday 12 August 2017

Beeshart Repies In Bruin Uiesous

Soos Ouma Plasie dit destyds op die koolstoof in Tweerivier se kombuis gedoen het. Ai, Ouma en daai koolstoof kon darem krummelpap uit die heel boonste rakke maak – veerlig, los en net droog genoeg.