Showing posts with label Hoofmaal. Show all posts
Showing posts with label Hoofmaal. Show all posts

Wednesday 13 May 2020

Die Ingekerkerde Vark







RESEP : Die Ingekerkerde Vark

Of: Geurig Aromatiese Knoffel en Kruie Invryf Bedryf









Hierdie is ‘n vinnige invryf reseppie met ietwat ongewone bestandele wat mens nou nie eintlik met jou gunsteling varktjoppie vereenselwig nie. Maar die varkie sal diep dankbaar wees as jy hom uitvoer, want roosmaryn; vinkel; jenewer; lemoen; knoffel en lourierblaar doen algaar saam dinge aan ‘n wielneus wat selfs die mees preutse engel bewerig en ongeduldig gaan maak om aan jou tafel te kom sit.

En synde ons nou hierdie Covid-19 grendel periode teen wil en dank maar moet verdra en verduur, beteken dit nie dat jy jouself en jou huisgenote nie hier en daar mag pamperlang nie. Om angstig en hande wringend te wag vir hierdie ondermaanse om die Covid-19 beker met sy bitter-als en asyn verby te laat gaan is tog totaal onnodig. Lekker eet en goeie samesyn was nog altyd erg genoeë met mekaar se geselskap. En as dié twee goed met mekaar klaar kom, is daar vrede in jou en jou beste se harte en kan jul harte weer nader aan mekaar kom en in mekaar opgaan.

Nou die slegte nuus:
Eerstens, die vroetelsnoet wat jy met hierdie invryf reseppie vertroetel het, wil nie gebraai word nie. Jammer manne, maar vinkel, jenewer en lemoen verdra nie rook nie. Jy gaan hierdie tjoppies geduldig pan braai of in die oond bak.
Tweedens, jenewer bessies lê boonop ook nou nie sommer vir kleingeld en naasteliefde in enige vaardige kok se gatsak rond nie. As jy hom nie kan opspoor by jou plaaslike fênsie winkel nie, kan jy ‘n droë jenewer soos Beefeater so halfpad deur die braai proses by die pan voeg. Ek sou sê so ‘n kwart koppie vir twee parmantige tjoppies.

En om Vadersnaam, moenie daai borrelende jenewer in ‘n oomblik van passie probeer flambé nie!!! Gin neem nie gevangenes, gyselaars of sissies nie. Die hitsige vlamkolom wat wraakgierig uit daai pan gaan opstaan gaan met wreedaardige oorgawe jou wenkbroue en ‘n gawe stuk baard en snor wegvat as jy daai stemmige vuurhoutjie voorstel aan die sissende pan. Jou selfrespek en waardigheid (én rooi onderbroek) gaan nooit ooit weer agterna dieselfde wees nie, veral nie as Ma so onderlangs vir jou gegiggel het na jy flink en verskrik ‘n besige riel voor die stoof gedans het om daai gulsige vlam dood te kry voor jou damp uittrekker se filters smelt en saam begin braai nie. Beskou jouself as gewaarsku want ek was al daar …


Die skakel gaan u neem na die artikel op my 'internasionale' blog: 5Flavours. Ongelukkig neem dit net te veel tyd in beslag om die resepte in beide Afrikaans en Engels voor te berei. Maksimum blootstelling vereis ewe ongelukkig dat Engels voortaan die voertaal van my resepte gaan wees. Ek vertrou dat u sal verstaan en bedank u by voorbaat vir u begrip.


Monday 9 April 2018

Stamp&Bone Met Rooster Groente








Goeie ou winderige Stamp&Bone soos die ‘ou mense’ dit nooit geken het nie. Oondgeroosterde groente (en ‘n paar ander “maghêfftertjies”) verhef die vervelige en miskende reikhalsend na die verhewe.



Die skakel gaan u neem na die artikel op my 'internasionale' blog: 5Flavours. Ongelukkig neem dit net te veel tyd in beslag om die resepte in beide Afrikaans en Engels voor te berei. Maksimum blootstelling vereis ewe ongelukkig dat Engels voortaan die voertaal van my resepte gaan wees.

Friday 16 March 2018

Geblokte Bees Hart met Balsamieke Asyn en Glans Lemoen Skil








Wie’t nou weer gesê bees hart is hondekos? Wel, eet jou woorde. Hier skud bees hart sy poniestert uit en dans die tafels baard en bier in die wind.


Die skakel gaan u neem na die artikel op my 'internasionale' blog: 5Flavours. Ongelukkig neem dit net te veel tyd in beslag om die resepte in beide Afrikaans en Engels voor te berei. Maksimum blootstelling vereis ewe ongelukkig dat Engels voortaan die voertaal van my resepte gaan wees.

Thursday 8 March 2018

Bief Stroganoff & Krummelpap








‘n Tydlose, elegante aristokraat hier ‘onverdund’ aangebied in die geselskap van nederige Krummelpap. Letterlik ‘n geval van die goedhartige edelman en die vuurhoutjie verkoopstertjie.



Die skakel gaan u neem na die artikel op my 'internasionale' blog: 5Flavours. Ongelukkig neem dit net te veel tyd in beslag om die resepte in beide Afrikaans en Engels voor te berei. Maksimum blootstelling vereis ewe ongelukkig dat Engels voortaan die voertaal van my resepte gaan wees.

Sunday 21 January 2018

Gebakte Stampmielies, Chorizo & Cheddar








Net ‘n halwe kans! En sy vellies. Dis al wat goeie ou stamp nodig het om die nag deur te langarm sokkie. Wie’t nou weer gesê stampmielies is aartsvervelig en net vir die verbeeldingloses? ...


Die skakel gaan u neem na die artikel op my 'internasionale' blog: 5Flavours. Ongelukkig neem dit net te veel tyd in beslag om die resepte in beide Afrikaans en Engels voor te berei. Maksimum blootstelling vereis ewe ongelukkig dat Engels voortaan die voertaal van my resepte gaan wees.

Wednesday 13 September 2017

Peri-Peri Hoenderlewertjies Vetkoek








Geurig, matig, ryk en morsig, maar lekker bly maar lekker!


Die skakel gaan u neem na die artikel op my 'internasionale' blog: 5Flavours. Ongelukkig neem dit net te veel tyd in beslag om die resepte in beide Afrikaans en Engels voor te berei. Maksimum blootstelling vereis ewe ongelukkig dat Engels voortaan die voertaal van my resepte gaan wees.

Thursday 17 August 2017

Vierkantige Hamburger “Patties’









Wie’t gesê ‘n burger mag net rond wees? Wees uit die boks en slaat hom tot hy vierkantig is. Dis verbasend hoeveel makliker (en minder morsig) die vierkantige affêre eet!


Die skakel gaan u neem na die artikel op my 'internasionale' blog: 5Flavours. Ongelukkig neem dit net te veel tyd in beslag om die resepte in beide Afrikaans en Engels voor te berei. Maksimum blootstelling vereis ewe ongelukkig dat Engels voortaan die voertaal van my resepte gaan wees.

Wednesday 9 August 2017

Soet, Klewerige Oondrooster Hoender









Lekker soet en klewerig met ‘n diep vrugte agtergrond. Bring tog die servette en nat lappie Ma, hierdie spul is taai!


Die skakel gaan u neem na die artikel op my 'internasionale' blog: 5Flavours. Ongelukkig neem dit net te veel tyd in beslag om die resepte in beide Afrikaans en Engels voor te berei. Maksimum blootstelling vereis ewe ongelukkig dat Engels voortaan die voertaal van my resepte gaan wees.

Tuesday 1 August 2017

Gerookte Hoender met Eksotiese Stampmielies








Stampmielies gaan gooi ‘n draai in suid-oos Asië. Wie sou ooit vermoed het onse stamp sal eendag so vêr gaan?



Die skakel gaan u neem na die artikel op my 'internasionale' blog: 5Flavours. Ongelukkig neem dit net te veel tyd in beslag om die resepte in beide Afrikaans en Engels voor te berei. Maksimum blootstelling vereis ewe ongelukkig dat Engels voortaan die voertaal van my resepte gaan wees.

Friday 23 June 2017



RESEP : Gemmerpatats





Gemmerpatats soos my Moeder dit voorberei het.


Die skakel gaan u neem na die artikel op my 'internasionale' blog: 5 Flavours. Ongelukkig neem dit net te veel tyd in beslag om die resepte in beide Afrikaans en Engels voor te berei. Maksimum blootstelling vereis ewe ongelukkig dat Engels voortaan die voertaal van my resepte gaan wees.

Sunday 4 June 2017



RESEP : Mieliebrood Met Houding




‘n Verhewe mieliebrood vir ‘n spesiale geleentheid.

English Translation Provided

Sunday 7 May 2017



RESEP : Hoenderlewertjies Bourguignonne




Fênsie hoenderlewertjies om jou tafelgenote te wys jy KAN kook.

English Translation Provided.

Sunday 30 April 2017



RESEP : SuurKiep – Suurlemoen & Kruie Oond Hoender




‘n Eenvoudige, dog kordaat reseppie vir ‘n vinnige, gaaf pikante suurlemoen en kruie hoender in die oond.


English translation provided.

Sunday 19 March 2017



RESEP: Oondgebakte Pampoenkoekies met Karamelsous





Amper soos ouma s’n destyds op die koolstoof, maar net beter vandag.

English translation provided.

Wednesday 27 July 2016



RESEP : Die Bedeesde Impala





Wild het spesiale vereistes in die kombuis. Hierdie boudjie het mooi uitgedraai.