II.
Uit hierdie ligte herfs
Uit
hierdie ligte en wye herfstyd straal
‘n
nuwe, namelose vreug in my
dat
ek verwilderd deur ‘n wêreld dwaal
waar
dinge daeliks hul vervulling kry:
die
vleie staan weer soggens vol, en wit
van
waterblomme; en skeemrings wit soos graan
wat
die rykheid van veel somerlug besit,
kom
oor die geel boorde en stoppellande aan.
Waarom
die smart wat nou weer stilweg skryn,
en
hierdie preweling van nuwe woorde,
dié
gemis? is alle wording pyn,
en
alle bid die tas van ons verstoorde
hart
na nuwe name vir die leed
van
die wondre uitbloei wat hy in hom weet?
N.P.
van Wyk Louw
Vier
gebede by jaargetye in die Boland
Uit:
Die Halwe Kring
...
groot liefde was in my, en mededoë,
en
wete van die duistre in ons hart,
want
alles was deurweek van sterflikheid.
N.P.
van Wyk Louw