RESEP : Koperpennie Wortelslaai, ‘Banting’ Styl




English Translation Below.

Ek is nie ‘n slaai man nie. Oor die algemeen sien ek nie die punt van slaai raak nie. Ons evolusionêre voorsate kon tog nie hul paadjie na die toppunt van die voedselketting oopgeklou en bloei het om, wel . . . , slaai te eet nie? Ek voel ons versaak dermiljoene jare se evolusionêre bloed, sweet en trane. Mev. Ples sal beslis nie beïndruk wees nie.

Tog is daar persoonlike uitsonderings. Koperpennie wortelslaai is een van ‘n klein, klein handjie vol.

Koperpennie wortelslaai was ‘n staande Kers gereg vir ons gesin. My Moeder had ‘n resep wat my nou nog helder terugvoer Plaas Highlands toe en die plot te Greenbushes. Ma se resepte boek is intussen Australië toe en haar resep was waarskynlik in sekere opsigte effe eenvoudiger as myne. Ek onthou wel Ma se resep het bruin asyn in gekry en dié kon na drie dae nog mens se oë laat traan. Ek verkies ‘n matiger en effe meer beleë sous.

Hierdie is my resep, nie heelemal so parmantig soos oorle Ma s’n nie, maar amper net so goed. Ma het ook nie die botterbone ding gedoen nie, die is my skepping.


Resep lewer:
Hoeveel tyd?:
12 - 16 Porsies
± 90 minute


Bestandele:
Wortels, geskil en in ringe gekap
1 Kg
Lourier blare
10
Karwysaad
2.5 ml


Water
200 ml
Rooiwyn asyn
150 ml
Sonneblomolie
100 ml
Droë witwyn, bv. Sauvignon blanc
50 ml
Lazenby Worcestershire sous
60 ml


Room van tamatiesop
1 Pakkie
Wit suiker
100g
Mosterd poeier
7.5 ml
Sout
7.5 ml
Aromat poeier
5 ml
Fyn witpeper
1.2 ml


Medium grootte uie dun in ringe gesny
2
Medium groenrissie in repies gekap
1
Geblikte botter boontjies, gedreineer
1 x 410g blik
Gekapte knoffel
15 ml

Metode:
1.   Voeg genoeg water by die wortels om dit net te bedek. Voeg die lourierblare en karwysaad by. Verhit totdat die wortels kook en blansjeer dit oor medium hoë hitte totdat die wortels net begin sag word. Wees versigtig om die wortels nie sag te kook nie. Dreineer die warm water en verwyder die lourier blare. Herwin soveel moontlik van die karwysaad en voeg dit terug by die wortels.

2.   Meng die water, rooiwyn asyn, olie, wyn en Worcestershire sous in dieselfde kastrol waarin die wortels gekook het. Voeg die tamatiesop en ander droë bestandele by. Verhit oor medium hitte totdat die vloeistof begin prut. Prut vir ongeveer 4 – 5 minute totdat die sous goed verdik het.

3.   Voeg die uie ringe en repies groenrissie by die pruttende sous en verhit totdat die mengsel weer begin prut. Roer gereeld. Prut vir 3 – 4 minute sodat die uie en groenrissie effens sag word.

4.   Voeg die geblansjeerde wortel ringe by die pruttende sous, uie en groenrissie. Verwyder vanaf die hitte en roer deur.

5.   Voeg die botter boontjies en gekapte knoffel by die slaai en roer goed deur. Proe en pas aan vir sout en peper soos nodig. Laat afkoel en verkil oornag vir die geure om behoorlik te ontwikkel.


Kommentaar:
·        Hierdie slaai werk veral goed saam met gebraaide vark- en lamstjops.
·        Die slaai hou goed in die yskas, tot vyf dae.
·        ‘n Bakkie van hierdie slaai maak heerlike, laataand peuselhappie voor die TV.



© RS Young, 2017



Banting Sweet & Sour Carrot Salad, or “Copper Penny” Carrot Salad

I am not exactly enamoured to salads. In general, I just don’t get the point of salads. Our evolutionary forebears couldn’t have clawed and bled their circuitous way to the top of the food chain just to, well . . . , eat salad? I feel we are brazeny forsaking millions of years’ evolutionary blood, sweat and tears. Mrs. Ples will definitely not approve.

However, there are personal exceptions. ‘Copper Penny’ carrot salad is one of a select, small hand full of favourites.

‘Copper Penny’ carrot salad was a de rigueur Christmas main meal accompaniment for our family. My Mother’s recipe still reminds me vividly of our farm “Highlands” and the agricultural plot at Greenbushes. In the meantime, Mom’s recipe book emigrated to Australia. I suspect her recipe was simpler than mine, in certain respects. I do remember Mom’s recipe used commercial brown vinegar and could still put hair on your chest after three days. I prefer a milder, somewhat more complex sauce.

This is my version of my late mother’s recipe: not quite as bold as Mom’s, but almost as good. The butter bean addition is my invention. Mom abhorred the things.


Recipe yields:
Total time:
12 - 16 Portions
± 90 minutes


Ingredients:
Carrots, peeled and cut into discs
1 Kg
Bay leaves
10
Caraway seeds
2.5 ml


Water
200 ml
Red wine vinegar
150 ml
Sunflower oil
100 ml
Dry white wine, eg. Sauvignon blanc
50 ml
Lazenby Worcestershire sauce
60 ml


Cream of tomato soup
1 Packet
White sugar
100g
Mustard powder
7.5 ml
Salt
7.5 ml
Aromat powder
5 ml
Fine white pepper
1.2 ml


Medium size onions thinly sliced into rings
2
Medium green pepper cut into thin strips
1
Tinned butter beans, drained
1 x 410g tin
Chopped garlic
15 ml

Method:
1.   Put the carrots in a cooking pot and add just enough water to cover. Add the bay leaves and caraway seeds. Heat until the water starts to boil and blanch the carrots over medium high heat until the carrots start to soften. Be careful not to boil the carrots until they soften. Drain the hot water and remove the bay leaves. Recover as much as possible of the caraway seeds and return them to the carrots.

2.   Mix the water, red wine vinegar, oil, wine and Worcestershire sauce in the same pot where in the carrots were blanched. Add the tomato soup powder and all the remaining dry ingredients. Cook over medium heat until the liquid starts to simmer. Simmer approximately 4 – 5 minutes until the sauce is thickened.

3.   Add the sliced onion rings and green pepper strips to the simmering sauce and heat until the contents return to a simmer. Stir frequently. Simmer for a further 3 – 4 minutes to allow the onions and green pepper to soften somewhat.

4.   Add the blanched carrot rings to the simmering sauce, onions and green pepper. Remove from the heat and mix well.

5.   Add the butter beans and chopped garlic to the salad and mix thoroughly. Taste and add extra salt and pepper, if necessary. Let the salad cool and refrigerate overnight for the flavours to develop completely.


Comments:
·        This salad compliments braaied pork and lamb chops particularly well.
·        The salad keeps well in a refrigerator – up to five days.
·        A bowl of this salad makes a tasty late night snack in front of the TV.

© RS Young, 2017