RESEP : Soet RookHoender & RoerEier Rys


English Translation Attached Below.

Met ‘n klein bietjie vooraf voorbereiding, is hierdie ‘n japtrap, suid oos Asiese-styl gereg vir ‘n lui-lui Sondag oggend brunch met jou geliefde of ‘n elegante noenmaal in die geselskap van goeie vriende en ‘n yskoue Colombar, Blanc de blanc of semi soet Rosé.


Resep lewer:
Hoeveel tyd?:
4 Porsies
± 45 minute


Spesiale Toerusting & Bestandele:
1 x Groot, kleefwerende braaipan
Geroosterde sesamsaad olie


Bestandele:
Vir die RoerEier Rys:

Water
500ml
Tastic langkorrel rys
250g
Sout
5ml
Groot lourier blare
5


Ekstra groot eiers
2
Geroosterde sesamsaad olie
15ml


Sonneblomsaad olie
30ml
Gevriesde ertjies, ontdooi
100g
Spriet uie (spring onions), fyn gekap
4
Sout
7.5ml


Vir die Soet RookHoender:

Groot gerookte hoenderborsie
1
Wellington Sweet Chilli sous
80ml
Fyn wit peper
1.2ml

Metode:
1.   Kook die rys, lourier blare en sout in ‘n medium grootte kastrol totdat al die water gebsorbeer is. Laat die rys staan – lourier blare ingesluit en deksel op – totdat dit afgekoel het na kamer temperatuur. Verkoel oornag in die yskas.

2.   Meng die eiers en sesamsaad olie deeglik. Bak die eier, omelet-styl, in die kleefwerende pan totdat dit goed gaar is. Skep die eier in ‘n bord en verkoel in die yskas. Sny die koue eier in small repies en kap die lang repies op in ± 25mm stukkies. Hou eenkant tot nodig.


3.   Sny die gerookte hoenderborsie op in groterige blokkies. Plaas dit in ‘n kommetjie en voeg die Sweet Chilli sous en wit peper by. Roer deur, bedek en hou eenkant tot nodig.

4.   Giet die sonneblomsaad olie in die kleefwerende pan en verhit dit oor medium hoë hitte tot warm. Verwyder intussen die lourier blare uit die rys en maak die rys deeglik los met twee vurke. Voeg al die rys in die pan en roerbraai vir 3 – 4 minute totdat dit deurwarm is.

5.   Voeg die tweede porsie sout, die ertjies; spriet uie en gerookte hoender & Sweet Chilli mengsel by die warm rys. Roerbraai aanhoudend ‘n verdere 3 – 5 minute totdat die gereg deurwarm is.

6.   Verwyder vanaf die hitte en roer die gekapte eier in. Plaas ‘n deksel op die pan laat dit staan vir 3 minute sodat die eier kan warm word en die geure ontwikkel.

7.   Skep op en bedien saam met ekstra soja sous, snoep tamaties en piekel uitjies.


Kommentaar:
·               Vervang die tweede porsie sout in die gereg met 10ml nam pla (Asiese vissous) vir ‘n eksotiese, geurig diepte in die gereg.
·               Laat die rys twee dae staan in die yskas vir beter resultate. Die rys korrels gaan fermer wees en nie maklik opbreek in die warm pan nie.
·               Vervang die gerookte honderborsie met oorskiet verktjops vanaf Sondag se braai, gekookte ham of selfs gerookte viennas (vir ‘n lui-lui brunch, ‘jamies en al).



© RS Young, 2017



SMOKED, SWEET CHILLI CHICKEN & EGG FRIED RICE

With a modicum of prior preparation, this dish becomes a ‘quick fix’ meal in the South East Asian style. Serve it as a lazy, laid back Sunday morning brunch with your loved one or as an elegant, light lunch with your best friends – accompanied with generous quantities of ice cold Colombar, Blanc de blanc or a semi sweet Rosé.


Recipe yields:
Cooking time:
4 Portions
± 45 minutes


Special Equipment & Ingredients:
1 x Large, non-stick sauté pan
Sesame Seed oil


Ingredients:
For the Egg Fried Rice:

Water
500ml
Tastic long grain rice
250g
Salt
5ml
Large bay leaves
5


Extra large eggs
2
Sesame seed oil
15ml


Sunflower seed oil
30ml
Frozen garden peas, defrosted
100g
Spring onions, finely sliced
4
Salt
7.5ml


For the Smoked, Sweet Chilli Chicken:

Large smoked chicken breast
1
Wellington Sweet Chilli sauce
80ml
Fine white pepper
1.2ml

Method:
1.   Boil the rice, salt and bay leaves in a medium sized pot until all the water is absorbed. Let the rice cool down to room temperature – bay leaves included, and covered. Refrigerate overnight.

2.   Thoroughly mix the eggs and sesame seed oil. Fry the egg, omelette style, in the non-stick pan until well cooked. Transfer to a plate and refrigerate. When needed: cut the cold egg into strips and chop the long strips into ± 25mm sections.

3.   Chop the smoked chicken breast into rough dice. Transfer it to a bowl and add the Sweet Chilli sauce and white pepper. Mix, cover and set aside until needed.

4.   Pour the sunflower seed oil in the non-stick pan and heat over medium high heat until hot. Remove the bay leaves from the rice and loosen it with two forks. Add al the rice to the pan and stir fry 3 – 4 minutes until hot.

5.   Add the second portion of salt, the peas; spring onions and smoked chicken & Sweet Chilli mixture to the hot rice. Stir fry continuously for a further 3 – 5 minutes until the dish is hot.

6.   Remove from the heat, add the chopped egg and mix thoroughly. Put a lid on the pan and let it stand for 3 minutes to allow the egg to warm and the flavours to develop.

7.   Dish up immediately and serve with extra soy sauce, cocktail tomatoes and pickled onions.


Comments:
·               Replace the second portion of salt with 10ml nam pla (Asian fish sauce) for an exotic, savoury depth in the dish.
·               Refrigerate the rice two days for a better result in the final texture of the dish. The cooked rice kernels will be firmer and won’t break up so easily in the hot pan.
·               Replace the smoked chicken breast with chopped, leftover pork chops from the Sunday braai, cooked ham or even smoked Vienna’s (for an ultra lazy brunch, pj’s and all).


© RS Young, 2017