Saturday 10 February 2018

Gemmerbier, Tuis Gebrou








‘Regte’ Gemmerbier word gebrou, nie gekoop nie. Behandel gemmer met ferm respek en en ‘n gawe skoot insig; en jy eindig met ‘n produk vêr beter as enige iets wat van ‘n winkelrak of tuisnywerheid kom.

Ouma  – met ‘n guitige, rooiwang giggeltjie – sou beslis weer haar “lang glaas” uitgehou het vir nog. Oupa sou blinkoog oor sy groot erde beker weer onthou hoe hulle bende jong Rapportryers op Nuwejaarsdanse die Bloedsappe se bande in die donker afgeblaas het – behalwe die DKW’s s’n. Daai manne had genoeg moeilikheid op hul hooivurke met daai DKW’s sonder om nog politiek óók by te sleep.

Die skakel gaan u neem na die artikel op my 'internasionale' blog: 5Flavours. Ongelukkig neem dit net te veel tyd in beslag om die resepte in beide Afrikaans en Engels voor te berei. Maksimum blootstelling vereis ewe ongelukkig dat Engels voortaan die voertaal van my resepte gaan wees.